SAVF – Cecilia van Wijk Dagsorg

Ngo – Child Care

This image has an empty alt attribute; its file name is AA0D360AB97231F8859478D0D80941F46CA8469B-401522-400-200-0-300x150.png

Contact Details

Telephone 013 752 4491
Fax 013 752 4491
E-Mail cecilia.vanwijk@telkomsa.net
Physical 31 Murray Street,Nelspruit

Profile

Cecila van Wijk Dagsorg is ‘n Afrikaanse Chirstelike Kleuterskool. Ons lewer diens aan  kinders vanaf 18 maande to Gr. R

Behoeftes van die onderskeie ouderdomsgroepe word in ag geneem tydens die beplanning van die dagprogram en ons volg die program soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys.

Ons bied stimulerende aktiwiteite aan wat die peuters en kleuters se vaardighede ontwikkel, om sodoende aand die einde van Gr.R skool gereedheid te help verseker vir formele opleiding. Ons voorsien ook aan die fisiese behoeftes van die kinders deur vir hulle gebalanseerde maaltye te voorsien, baie liefde en baie aandag!

Ons glo dat die kinders gelukkig moet wees in die ouers se afwesigheid. Cecilia van Wijk Dagsorg se hoofdoel is onderrig en opvoeding. Aktiwiteite word doelbewus beplan om bepaalde leer en leef-inhoud aan die kind bekend te stel. Die uiteindelike doel met hierdie bemoeiing is om die kleuter te lei tot  verantwoordelike volwassenheid.

Die personeel stagneer nooit en ons is ingestel om ons visie te verbreed deur te lees, kursusse en besprekings by te woon en ons kennis in die kleuterskool toe te pas.

Gesag en dissipline vorm ‘n intergrale deel van die onderrig, aangesien dit ook gaan oor die stel van bepaalde grense aan die kleuter warbinne hy/sy mag handel. Dit is belangrik dat die personeel voltyds tot die beskikking van die kleuters moet wees en ‘n fyn aanvoeling vir die kleuter en sy behoeftes moet hê.

Kontak ons gerus indien u meer inligting verlang.

MAP COORDINATES for SAVF – Cecilia van Wijk Dagsorg -25.479720 , 30.983099