Geskiedkundige Terreine van die Kruger Nasionale Park
by Ron Hopkins
Retail Price: R200
Dust Cover:
Hierdie is ‘n boek oor die geskiedenis IN die Nasionale Krugerwildtuin, eerder as ‘n boek OOR die geskiedenis van die Nasionale Krugerwildtuin.
Tydens ‘n 2012 besoek aan die Park het die skrywer en sy vrou besluit om elke plekkie van geskiedkundige belang op die SANParks kaart te besoek. Dit het vinnig duidelik geraak dat die hele verhaal van elkeen van hierdie plekke nie deur ‘n eenvoudige koper bordjie vertel kan word nie en so is die idee van hierdie boek gebore.