Innibos Arts Festival

Nelspruit – Event  

Contact Details

 
Telephone 013 741 5294
Fax 013 741 4456   
Website www.innibos.co.za
E-Mail alison@innibos.co.za    sandra@innibos.co.za
Physical Sonpark Centre,56 Faurie Street,Sonheuwel

Profile

Mbombela – Innibos-feesgangers wat afgehaal was omdat daar vanjaar nie ’n Minibos is nie, kan maar die partytjieskoene aantrek vir ’n jolige Blits-Bos-braai waar die feesvuur  sommer letterlik gaan vlam vat vir die kunstefees van 26 tot 29 Junie. Die Blits-Bos-braai is om 18:00 op Vrydag, 24 Mei, by Hoërskool Bergvlam. Ricus Nel, Refentse en Pieter Smit is op die verhoog om die partytjie lekker woema te gee, en die heel lekkerste is dat die konsert oudergewoonte gratis is. Bring ’n tjoppie of drie in jou piekniekmandjie, want daar sal meer as genoeg braaivleisvure wees. Daar sal ook ’n kosstalletjie en ’n kontantkroeg wees. Vir korporatiewe maatskappye word 20 spesiale braai-areas opsy gesit. Bespreek dié braaiplekke by AlisonLinde by Innibos by 013 741 5294. Die Innibos-program is reeds bekend en kaartjies vir die feesterrein sowel as die produksies verkoop flink, so daar gaan nie te veel gepraat word tydens partytjie nie. Innibos gaan wel van die lekker feesverrassings en nuwighede verklap waarna feesgangers kan uitsien. Pak jou mandjie, bring jou stoel en kom kuier lekker saam met Innibos. Dis presies 30 dae voor die eerste fees-aktiwiteite afskop. Ons is vuur en vlam vir Innibos 2019!

MAP COORDINATES for Innibos Arts Festival Sonpark Centre ,56 Faurie Street, Sonheuwel ,South Africa