Geloftedag word herdenk @ NG Suid-gemeente in Ehmkestraat (15-16 Desember)

Author: | Published by KLCBT on at 15:42:56 | Last Updated On: 5 December 2017 iCal

16 December 2017

5:00 pm

Die ou Voortrekker-tradisie word vanjaar by die plaaslike Geloftefeesterrein langs die NG Suid-gemeente in Ehmke straat herdenk

Almal met n Afrikaner-verbintenis, n voorliefde vir die geskiedenis en n belangstelling in eie oorsprong, is welkom om Vrydag rondom 17:00 hier bymekaar te kom vir n gesellige kuier om die braaivleisvure. Bring iets om op die rooster te sit.

Op Saterdag om 09:00 sal die dag op n gewyde wyse met n kerkdiens in die NG Suid-gemeente se kerk gevier word